0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments

Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R199 R171 Discovery Miles 1 710 Save R28 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . .

Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie.

Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.

Spooksoene (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Spooksoene (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Spooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang 'n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, Voltaire-X, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om 'n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie 'n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie…Hoe oorkom jy 'n yslike puisie op jou neus, 'n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper? Micki ontmoet vir Aldo, 'n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle 'n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oe nie glo nie...

Die Sproetebessies en die Skedel in die Spookmis: Troula Goosen Die Sproetebessies en die Skedel in die Spookmis
Troula Goosen
R199 R171 Discovery Miles 1 710 Save R28 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Raaiselsee (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselsee (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie­, avontuur­ en spookverhaal is.

Raaiselster (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselster (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .

Raaiselklip (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselklip (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Gabriel skrik wakker in ’n donker kelder in ’n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy weet is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begrafplaas is ’n graf met sy naam en geboortedatum op. ’n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van ’n Khoi seun en ’n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .

Maanlig-meermin (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Maanlig-meermin (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kate se pa kanselleer hulle Durban-vakansie en sleep haar saam na Kaimanskuil, ’n plaas in die Klein-Karoo waar hy grootgeword het. Sommer met die intrapslag gee die spokerige plaas en sy weird mense Kate koue rillings, maar stormweer laat die drif afkom en hulle is vasgekeer. In die donker kloof agter die opstal word Kate se tergende vrae beantwoord: Skuil daar regtig ’n meermin in die riviere van die Klein-Karoo? En wat het sy met haar, Kate, te doen?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Marvel Spiderman Fibre-Tip Markers (Pack…
R57 Discovery Miles 570
Love And Fury - A Memoir
Margie Orford Paperback R300 R200 Discovery Miles 2 000
Bostik Easy Tear Tape - (12mm x 33m)
R24 R20 Discovery Miles 200
Russell Hobbs Toaster (2 Slice…
R707 Discovery Miles 7 070
Smart Wifi Surveillance Camera 1080P…
R1,399 R997 Discovery Miles 9 970
STEM Activity: Sensational Science
Steph Clarkson Paperback  (4)
R256 R211 Discovery Miles 2 110
Bestway Hydro-Swim Squiggle Wiggle Dive…
R62 Discovery Miles 620
Sony PlayStation 4 Slim Console Bundle…
R8,799 Discovery Miles 87 990
Power And Faith - How Evangelical…
Pontsho Pilane Paperback R280 R205 Discovery Miles 2 050
Gold Fresh Couture by Moschino EDP 100ml…
R1,506 Discovery Miles 15 060

 

Partners